Topolino se 0/13 rugbyspan het ’n baie suksesvolle seisoen agter die rug. Tydens die Langebaan 7’s toernooi wat LCE gehou het ter aandenking van die Britse en Ierse Leeus se 50 jaar reunie- is Topolino as die kampioene aangewys toe hul Curro in die finaal met 15 – 5 gewen het. Hul kaptein, Aldian Meiring is as speler van die toernooi aangewys. Met 15 man rugby het hul net soveel welslae behaal en die seisoen met ’n pragoorwinning van 38 – 10 teen HSH afgesluit.