Hier pryk Mnr. Grant Clemitson en Juf. Daleen Pelser met die trofee vir skole met minder as 250 leerders. Wat die prestasie meer uitsonderlik maak is dat ons naas WCMA musiekskool die skool in die Wes-Boland is met algeheel die meeste wenners! Mia Fourie [graad 6 leerder] pronk met haar trofee wat sy saam met  Armand Fouri evan Hoërskool Porterville deel vir die leerder wat die meeste kategorieë gewen het. Mia is ‘n sanger van formaat.