Topolino volg ‘n leierskapontwikkelingsprogram waarby alle gr. 7 leerders betrek word.
Ons glo: Leaders aren’t born, they are made just like anything else – through hard work.
Hierdie 33 leiers het afgeskop met ‘n spanbousessie by Donkergat. Lede van die Spesiale magte het hul aangemoedig om te waag, hul grense te verskuif en op mekaar staat te maak.
Geklee in hul nuwe Top graad 7-uniforms poog hul om ‘n voorbeeld vir die jonger leerders te wees.
Hier wys hul vir mede-leerders hoe om ware Topolino juwele te wees wat ander met respek hanteer.
Aan elke gr. 7 leier is ‘n onderwyser toegewys wat hul mentor en begelei deur hul verantwoordelikhede.
Verskeie leierskapportefeuljes is aan hul toegewys: Noodhulp, Skoolkoerant, Ekologie, Skoolgees, Operasionele pligte, Gemeenskap, Sport en ons biblioteek.
Hul is ook verantwoordelik vir speelgronddiens. Hulle moet ook seker maak dat die klas wat aan hul toevertrou is, ordelike en gelukkige kinders is.
Hul reël ook spesiale geleenthede vir hul medeleerders soos Movie Night wat om die draai is. Met slaapsakke en kussings, springmielies en Coke Floats op ons sportveld !
Wat ‘n fees om n leier te wees!