Langebaan Country Estate Mashie skole gholf liga vir 2018 kom tot ‘n einde met Topolino Privaatskool wat wegstap met die eerste prys!
Die kompetisie word deur die jaar gespeel en elke week kry skole punte.
Topolino het geëindig op 92.5 punte en het die prysgeld van R12 500 gewen.
Ons is baie trots op ons gholfspan!
Baie dankie aan Bob Perry vir die geleentheid en al die reëlings deur die jaar.