Topolino Privaatskool vier “World Read aloud day”. Vir ons is die reuk van ‘n boek, die gevoel van bladsye en die fantasiereis – sprokiesmooi!

Ons het die dag begin met ons kleurryke personeel se voorlesing, gevolg deur kombersies oopgooi en seniors wat geskikte boeke moes vind, wat by die ouderdom van die luisteraar sal pas.

Hul gesigsuitdrukking sê alles. Topolino kinders is versot op boeke.