Elke leerder van Topolino Privaatskool het 2 of meer kere by die Wes-Boland Eisteddfod van 2018 deelgeneem.
Al ons leerders bespeel ‘n musiekinstrument in groepsverband en het van “Bucket drumming” tot Blokfluite bespeel.
Dit vorm deel van die Piccoli musiekprogram wat deur Keys to Heaven op ons perseel aangebied word. Hierdie musiekonderrig is ingesluit by hul skoolfooie.
Al ons leerders moet aan die koor of spreekkoor behoort. So het ons 2 kore en 4 spreekkore, ook ‘n draai op die verhoog gemaak.
Daarnaas was daar nog deelname aan kuns, voordrag, lees, skryfwerk, fotografie, dans, solosang en individuele musiek deelname.
Opvoeders by Topolino glo dat maksimum deelname selfvertroue, samehorigheid en dissipline kweek.