OAK Nuusbrief: 2017

Beste  ouers/voogde

Die nuwe skooljaar is reeds lekker op dreef, en is ons opgewonde oor al die geleenthede en positiewe vooruitsigte vir 2017! Dit is ons wens dat elke leerder, ouer, onderwyser en almal verwant aan die pragtige skool,  met entoesiasme sal deelneem aan elke projek wat vir die nuwe jaar beplan word.

Die OAK (Ouer Advieskomitee/Ouer Aksie Komitee) behartig besluitneming aangaande fondsinsamelings en bestuur die Topolino Opvoedkundige en Ontwikkelingsfonds.

Die OAK vir 2017 is  in hul 2de termyn van dienslewering en die Wenspan lyk soos volg:

  • Voorsitter : Petri van der Merwe
  • Sekretaris : Hannes du Randt
  • Tesourier : Anton van den Berg
  • Bemarking en funksies : Marissa Pieters en Hannelie Muller
  • Sport : Rob Guthrie en Hannes du Randt
  • Projekbestuur : Neil Hauptfleisch
  • Skakelouer-koördineerder : Anel Goosen
  • Gesondheid en veiligheid : Rob Gurthrie

Ons beskik oor ‘n vakante posisie en sal enige voorstelle van ‘n geskikte persoon verwelkom om ons met kommunikasie te help: Kommunikasie tussen Engelse en Afrikaanse ouers; tussen grade en tussen die skool en ouershuis. Handig nominasies in by Topolino teen Vrydag,  24 Febr. 2017 {vorm aangeheg}

  1. PROJEKTE : VASGESTELDE PROJEKTE VIR 2017 :

KWARTAAL 1 : Jan Braai-braaikompetisie op 25 Februarie

Sunnypark Pretdraf op 31 Maart

KWARTAAL 2 : Wintersportdag op 3 Junie

KWARTAAL 3 : Interskole kultuurafdeling CPM vs Topolino [datum sal bevestig word]

Kuns Eisteddfod op 6,7 September

KWARTAAL 4 : Galop-om-die-kop op 5 November

Ons wil  hierdie jaar graag iets opwindends vir kwartaal 4 aanpak. Ons hoor graag van

u oor ‘n fondsinsamelingsidee wat u dalk by ‘n vorige skool gesien het en wil voorstel.

 

2.BEHOEFTES VIR 2017 :

Die visie is ook om na die volgende behoeftes te kyk :

  • Opgradering van sportgronde deur besproeiing te installeer
  • Mobiele pawiljoene
  • Biblioteekbehoeftes
  • Parkering in en om skoolgebou [sloping van eiendom en grond voorberei vir parkering]
  • Afrigtingsklinieke soos Johan Swart wat onlangs ons Wes-Bolandatlete afgerig het.
  • Busvervoer na Kunste Kaap vir gr.1,2,3 om Vlooi en die koninginby [29 Aug.] te gaan kyk
  • Busvervoer na Jeugtrustkamp vir gr. 4,5,6,7 [25 – 27 Okt.]

 

3.PROGRAMME :

GREEN OFFICE CARTRIDGE COLLECTION PROGRAMME

Suid Afrika genereer ongeveer 108 miljoen ton afval jaarliks. Om ‘n oorspronklike cartridge te

vervaardig word ongeveer 2.5 liter olie gebruik en 6kg CO2 gas in die atmosfeer vrygestel.

 

Topolino voel baie ernstig oor die beskerming van ons pragtige land se hulpbronne en wil graag so veel as moontlik betrokkenes in die omgewing kry om saam met ons ‘n bydrae te lewer.

Ons het ‘n “green OFFICE CARTRIDGE collection box” by die skool gereed, waar almal van die omgewing print cartridges en toners kan herwin.

 

MY SCHOOL PROGRAM :

Ons wil ‘n baie ernstige poging daarvan maak om hierdie jaar al ons ouers te registreer – daar is geweldig baie voordele vir die skool (dus ons kinders), totaal GRATIS! Met aankope word daar onmiddelik ‘n bedrag na die Ontwikkelingsfonds oorbetaal. U verdien dadelik 10% afslag op reward-produkte en die My school Kaart word dadelik aan u Rewards-card gekoppel. WOOLWORTHS, REGGIES, WALTONS, TAFELBERG Furnishers, TOYS R US, Shops in Vredenburg

 

 

 

4.HANDELSMERK  ITEMS :

ONDERSTEUNERS-KLERE

Mans en dames wit sporthemde by Eldorina beskikbaar. Tel:022-7131821

Die prys van die hemde is as volg:

S-L R280 + R20 vir borduurwerk

XL-XXL R310 + R20

3-5XL R340 + R20

 

Pryse van Rooi baadjies :

MANS “SOFT SHELL” BAADJIES

S – XL : R730

2XL – 3XL : R805

4XL – 5XL : R920

 

DAMES “SOFT SHELL” BAADJIES :

S – XL : R635

2XL – 3XL : R695

4XL – 5XL : R800

 

“ALL WEATHER” BAADJIES /WINDJAKKERS :

MANS EN DAMES PRYSE :

S – XL : R540

2XL – 3XL : R580

4XL – 5XL : R635

 

Alle pryse sluit ‘n R15 borduurwerk fooi uit. Sien www.topolino.c.za vir voorbeelde van ondersteuners klere.

 

Rugbytruie

Ons is in die proses om nuwe truie vir 0/7, 0/8, 0/9 en 0/11 te laat maak.  Die 0/8 en 0/9 truie is reeds geborg. Indien u belangstel om die 0/7[ 12 truie] of 0/11 [18 truie] te borg, teen R300 per  trui, belasting uitgesluit, kan u my gerus  kontak.

 

5.GELEENTHEDE :

WêRELDBIDDAG VIR VROUE : 3 Maart

Ons nooi alle dogters en vroue uit om 8h00 saam met ons in die NG Kerk die besonderse  geleentheid saam met  die vroue van die Fillipyne te vier. Dogters word vanaf 7h30 by kerk  afgelaai.

 

GRATIS PRETDRAF : 31 Maart 2017

Topolino se jaarlikse PRETDRAF na Sunnypark vind plaas op 31 Maart 2017. Dit beloof om weereens groot pret  te wees en ons nooi alle ma’s, pa’s, oupas en oumas uit om saam met ons te draf/stap/fiets te ry en die oggend te geniet. Ons begin stiptelik 8h00 by die skool en die leerders word weer 11h00 by Sunnypark opgetel. Die hele oggend by Sunnypark is gratis om vir jul dankie te sê vir jul moeite met die borge.

 

Elke kind ontvang ‘n genommerde borgvorm waarvan elke gemerkte deel ‘n waarde van R5 het. Die voltooide vorm, met die R150, word dan by die klasonderwyser/es inbetaal.’n Barometer sal by die skool aangebring word, om die verkope te monitor – dus stuur asb. dadelik u kind se vorm terug as die prent voltooi is, sodat die barometer kan aanskuif! Indien jou vorm voltooi is, kom haal gerus nog vorms. Alle voltooide vorms moet teen 27 Maart ingehandig word.

 

  • Indien 2 of meer vorms ingehandig word (met volle insameling van R150 per vorm), kwalifiseer die leerder vir ‘n kontanttrekking van R500!!
  • Die klas (persentasie-gewys uitgewerk) wat die meeste geld invorder, kan uitsien na ‘n heerlike bederfdag.
  • Die leerder wat die meeste geld ingevorder het , stap weg met ‘n onvergeetlike prys.

Elke kind wat deelneem en die roete voltooi, ontvang ‘n “medalje”. Daar is ook pryse vir die volgende atlete.

  • Jnr dogters  en seuns onderskeidelik : 1, 2, 3 de plek
  • Snr dogter en seuns onderskeidelik : 1, 2, 3 de plek

Die junior  leerders (gr 1-3) draf ‘n korter roete, van die skool na Yacht Klub, regs by Yacht Klub tot by Sunnypark. Die senior leerders (gr 4-7) draf ‘n langer roete, van die skool, 1e stopstraat links op met Parkrylaan, onder regs op grondpad voor die Farmhouse verby en reguit tot by Sunnypark.

Langs die roete sal ouers water- en koeldranktafels beman.

 

  1. OAK finansies:

 

Sien aangeheg opsomming van die Ontwikkelingsfonds se finansies.

Enige navrae kan gerig word aan Anton vd Berg. [076 906 4635]

 

Baie dankie vir u wonderlike ondersteuning en betrokkenheid!

 

Die Voorsitter                                                                Die Hoof

Mnr. Petri van der Merwe                                               Berdene Smit

083 635 6234                                                                 022 772 1132

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

OAK Opvoedkundige Fonds: Inkomste
2014 2015 2016
Wintersportdag  R  22 315  R  35 995 R 76 757
Pretdraf  R  23 403  R  26 120 R 29 665
Skenking  R  25 000  R  21 400 R 3 000
Snoepie  R  12 969  R  15 940 R 7 440
Galop  R    4 155  R    8 260  R           –
Kleuresport  R    1 403  R    5 350 R 5 439
My School  R    3 244  R    4 252 R 4 898
Konsert  R    5 973  R           – R 31 041
Interskole  R    7 279  R           – R 765
Ander  R    1 230  R           –  R           –
Veiling  R           –  R           – R 82 675
 R106 971  R117 317 R 241 680

 

 

 

 

OAK Opvoedkundige Fonds: Uitgawes
 

2014 2015 2016
Bus vervoer fonds  R  30 440  R  38 000  R  28 500
Sport admin en

Toerusting

 R  14 532  R  10 595  R  19 886
Sportgronde en

Onderhoud

 R  14 832  R  17 514  R  34 322
Petrol eise  R    8 701  R    8 581  R  10 520
Biblioteek  R    7 472  R    7 227  R  13 378
Bemarking en

Oueraand

 R    6 527  R    3 230  R      993
Bankkoste  R    2 012  R    2 266  R    4 020
Projekte  R  33 015  R  27 452  R    4 100
Kuns Eisteddfod  R           –  R           –  R    1 504
Reko – Ouditeure  R           –  R           –  R  15 553
Container Huur  R           –  R           –  R    8 208
Parkering – Sunbird Rylaan  R           –  R           –  R  41 663
 R117 532  R114 865  R182 647