Die eerste Langebaan interskole tussen Topolino Privaatskool en Longacres Privaatskool het vele tone krul oomblikke beleef. Nuwe vriendskappe is gevorm en ‘n trotse nuwe tradisie is begin.
Topolino het stof in die oë van die Longacres landloopatlete gehardloop en ook die hokkie-afdeling gewen. Topolino het die meeste balle deur die doelnette gesit en die 0/8 0/9 0/12 0/13 netbalwedstryde gewen. Die 0/10 spanne was gelykop.
Die rugby spanne eindig gelykop met Longacres wat 0/7 0/8 gewen het. Die 0/9s het in ‘n taai stryd gelykop gespeel, waarna Topolino by 0/11 en 0/13 rugby die wenners is.
Topolino stap breëbors met sporttrofee rond. Die kultuur trofee waar die leerders aan skaak, kuns, tegnologie, Bybelvasvrae, Small talk, algemene kennis deelgeneem het, word deur die skole gedeel.
Topolino bedank die gemeenskap en borge vir hul betrokkenheid , Longacres vir hul gasvryheid en elke leerders wat as toeskouer of speler deel was van ‘n geleentheid waar goeie kompetisie geseëvier het.