Posbus140
7357  LANGEBAAN
E-pos: watervalh2o@gmail.com
–  faks:   086 660 1467 en selfoon: 082 379 0450
24 Julie 2018

VCSV SKOOLVERWISSELINGSKAMP TE WATERVAL

29 September tot 3 Oktober 2018

Aan die einde van hierdie kwartaal is dit weer tyd vir die opwindende kamp vir ons skole se graad 7’s en seniors. Dankie vir julle toegewyde hulp oor die jare met die mobilisering van ons kinders na hierdie kans-in-‘n-leeftyd.  Ons maak staat op  u heelhartige ondersteuning vir vanjaar se kamp. Dis ‘n Ewigheidsbelegging in ‘n kind se lewe!

Sal u asseblief u personeellid verantwoordelik vir die VCSV aanmoedig om van hulp te wees.

  1. As u skool ‘n graad 7 klas het:
  • Propageer asseblief die kamp onder Graad 7’s, en sirkuleer die 2018 – Inskrywingsvormpie vir Waterval (Kinders)
  • .NB! Sien asseblief toe dat: “Wat bring ek saam, en wat nie”, die betaalinformasie en roeteaanwysing  behoorlik deur kinders én ouers/voogde gelees word.
  1. As u skool graad 11 tot 12 leerders het:
  • Hierdie kamp bied aan senior leerders die geleentheid om in ‘n beskermde omgewing as kringleiers op te tree. En dis hier waar ons u hulp benodig. Ons soek jong leiers van graad 11 om te kom help. (Matrieks is ook welkom, mits hulle eindeksamen dit toelaat).
  • Omdat ons die aansoekers glad nie ken nie, is ons op u oordeel In die verlede het ons ongelukkig al leiers op die kamp gehad wat nie die mas kon opkom nie. Tree daarom asseblief as ‘n filter op deur in ‘n mate keuring toe te pas.
    • Dis NB om kennis te neem dat kinders wat nie reeds op Vrydag 28 September op Waterval kan wees nie, NIE oorweeg kan word nie.
  • Sirkuleer asseblief die inskrywingsvormpies onder graad 11’s en 12’s.

En dan:

  • Neem asb die ingevulde vormpies plus hulle gelde in ontvangs, gelde is vanjaar R 550.00
  • Konsolideer dan die name op die Vorm hierby ingesluit. Hierdie vorm kan dan solank aan my gefaks word na bostaande nommer. Dit help met vroeë admin aan hierdie kant.
  • Een EFT (verkieslik) of skooltjek deposito as betaling vir al die kampers sal my administrasie baie vergemaklik, (kyk asseblief na die ingeslote wyse van betaling).
  • Pos dan die inskrywingsvormpies (met vrywarings korrek ingevul), die betalings (of betalingsbewyse) en die gekonsolideerde vorm betyds aan my teen
    DINSDAG, 11 SEPTEMBER 2018.
    (Die adres is hierbo en/of op die vormpies.)
  • Wees asseblief behulpsaam met die vervoerreëlings van u skool se kinders na en van Waterval. Hierby ingesluit vind u roetekaart asook GPS verwysings.
  • Sou daar enige navrae wees, skakel my asseblief by bostaande nommers of per Epos.

Ek is baie bewus daarvan dat u dagprogram propvol is en dat dit al hoe moeiliker word om skedules te laat klop, daarom my bede dat hierdie saak by u ‘n hoë prioriteit sal geniet.

Baie dankie, seënwense    –           Albie Boonzaaier