Beste  ouers/voogde

Die nuwe skooljaar is reeds lekker op dreef, en is ons opgewonde oor al die geleenthede en positiewe vooruitsigte vir 2017! Dit is ons wens dat elke leerder, ouer, onderwyser en almal verwant aan die pragtige skool,  met entoesiasme sal deelneem aan elke projek wat vir die nuwe jaar beplan word.

Die OAK (Ouer Advieskomitee/Ouer Aksie Komitee) behartig besluitneming aangaande fondsinsamelings en bestuur die Topolino Pre-Primêre Opvoedkundige en Ontwikkelingsfonds.

Die OAK vir 2017 is in hul 2de termyn van dienslewering en die Wenspan lyk soos volg:

  • Voorsitter : Christiaan Pretorius
  • Sekretaresse : Santi Blom
  • Finansies : Jon Kilro-Smith
  • Bemarking en funksies : Santi Blom
  • Projekbestuur : Vakante posisie
  • Skakelouer-koördineerder : Martinette Nel
  • Gesondheid en veiligheid : Nodig by PP? Voeg ons dit by Projekbestuur?

Ons beskik oor ‘n vakante posisie en sal enige voorstelle van ‘n geskikte persoon verwelkom. Stuur enige voorstelle aan preprimary@topolino.co.za

PROJEKTE : VASGESTELDE  PROJEKTE VIR 2017 :

KWARTAAL 1 : Jan Braai-braaikompetisie op 25 Februarie Moet ek dit ophou vir ons brief?

Pretdraf op 30 Maart

KWARTAAL 2 : Konsert

KWARTAAL 3 : BINGO aand by die WIMPY Laguna Mall

KWARTAAL 4 : Galop-om-die-kop op 5 November

Ons wil  hierdie jaar graag iets opwindends vir kwartaal 4 aanpak. Ons hoor graag van

u oor ‘n fondsinsamelingsidee wat u dalk by ‘n vorige skool gesien het en wil voorstel.

 

VOORGESTELDE  PROJEKTE VIR 2017 :

Die visie is ook om na die volgende behoeftes te kyk :

  • Opgradering van wagklas/kombuis/ aanbiedingslokaal vir aktiwiteite
  • Opgradering van parkeerarea voor die skoolgebou
  • Die vervanging van die hek by die ingang
  • Groente tonnels implimenteer
  • Inrig van klaskamer wat as stoor dien dmv rakke, reëlings ens
  • Vibrocrete muur aan die agterkant van die skool verder uitskuif vir groter gras-speelarea
  • Bestaande swaaie oprig by gras-speelarea

 

  • Busvervoer na jaarlikse uitstappie vir die hele skool se kleuters Kaap

 

PROGRAMME :

A.“GREEN OFFICE CARTRIDGE COLLECTION PROGRAMME

Suid Afrika genereer ongeveer 108 miljoen ton afval jaarliks. Om ‘n oorspronklike cartridge te

vervaardig word ongeveer 2.5 liter olie gebruik en 6kg CO2 gas in die atmosfeer vrygestel.

 

Topolino voel baie ernstig oor die beskerming van ons pragtige land se hulpbronne en wil graag so veel as moontlik betrokkenes in die omgewing kry om saam met ons ‘n bydrae te lewer.

Ons sal binnekort ‘n “green OFFICE CARTRIDGE collection box” by die skool gereed hê waar almal van die omgewing print cartridges en toners kan herwin.

 

 

  1. MY SCHOOL PROGRAM : Topolino Pre-Primêr

Ons wil ‘n baie ernstige poging daarvan maak om hierdie jaar al ons ouers te registreer – daar is geweldig baie voordele vir die skool (dus ons kinders), totaal GRATIS! Met aankope word daar onmiddelik ‘n bedrag na die Ontwikkelingsfonds oorbetaal. U verdien dadelik 10% afslag op reward-produkte en die My school Kaart word dadelik aan u Rewards-card gekoppel. Vennote waar My school kaart aangebied kan word  tydens aankope:

WOOLWORTHS**

REGGIES **

WALTONS**

TAFELBERG MEUBILEERDERS

TOYS R US

**Winkels in Vredenburg

 

 

HANDELSMERK  ITEMS :

  1. ONDERSTEUNERS-KLERE

Mans en dames wit sporthemde by Eldorina beskikbaar. Tel:022-7131821

Die prys van die hemde is as volg:

S-L R260 + R20 vir borduurwerk

XL-XXL R285 + R20

3-5XL R315 + R20

 

Pryse van Rooi baadjies :

MANS “SOFT SHELL” BAADJIES

S – XL : R755

2XL – 3XL : R830

4XL – 5XL : R950

 

DAMES “SOFT SHELL” BAADJIES :

S – XL : R650

2XL – 3XL : R715

4XL – 5XL : R820

 

“ALL WEATHER” BAADJIES /WINDJAKKERS :

MANS EN DAMES PRYSE :

S – XL : R485

2XL – 3XL : R530

4XL – 5XL : R585

Alle pryse sluit ‘n R15 borduurwerk fooi uit. Sien www.topolino.c.za vir voorbeelde van ondersteuners klere.

 

 

GELEENTHEDE :

 

GRATIS PRETDRAF : 30 Maart 2017

Topolino se jaarlikse PRETDRAF vind plaas op 30 Maart 2017. Dit beloof om weereens groot pret  te wees en ons nooi alle ma’s, pa’s, oupas en oumas uit om saam met ons te draf/stap  en die oggend te geniet. Ons begin stiptelik 8h00 by die skool en die leerders word weer 11h00 by die skool opgetel.

 

Elke kind ontvang ‘n genommerde borgvorm waarvan elke gemerkte deel ‘n waarde van R5 het. Die voltooide vorm, met die R150, word dan by die klasonderwyseres inbetaal.’n Barometer sal by die skool aangebring word, om die verkope te monitor – dus stuur asb. dadelik u kind se vorm terug as die prent voltooi is, sodat die barometer kan aanskuif! Indien jou vorm voltooi is, kom haal gerus nog vorms. Alle voltooide vorms moet teen 27 Maart ingehandig word.

 

  • Elke leerder wat R150 of meer insamel, kwalifiseer vir ‘n gratis melkskommel by Wimpy, Laguna Mall!
  • Indien 2 of meer vorms ingehandig word (met volle insameling van R150 per vorm), kwalifiseer die leerder vir ‘n gelukkige trekking !!
  • Die klas (persentasie-gewys uitgewerk) wat die meeste geld invorder, kan uitsien na ‘n heerlike, gratis bederf-oggend  by Sunnypark!!
  • Die leerder wat die meeste geld ingevorder het , stap weg met ‘n onvergeetlike prys.
  • Elke kind wat deelneem en die roete voltooi, ontvang ‘n “medalje”.
  • Langs die roete sal ouers water- en koeldranktafels beman.

 

60 en 61 Topolino news

 

Baie dankie vir u wonderlike ondersteuning en betrokkenheid! Die nuusbrief is in kleur op www.topolino.co.za asook op die d6 communicator beskikbaar.

 

Die Voorsitter                                                                Die Hoof

Mnr. Christiaan Pretorius                                                Me. Laetitia Coetzé

 

 

 

  1. ERKEN ONTVANGS:

Hiermee erken die _________________________ gesin die ontvangs van die nuusbrief en vergewis

ons van die inhoud daarvan.

Handtekening van ouer:

______________________