TOPOLINO PRIVATE SCHOOL

Where every child is a jewel

ESTABLISHED 1999

WELCOME TO TOPOLINO PRIVATE SCHOOL

Topolino is a parallel medium christen private school from grade 00 to grade 7. The school is situated in the peaceful Myburgh park area, with views over Langebaan lagoon and on route to the Postberg nature reserve.

As gesin het ons in 1999 die visie gehad om ‘n Christenskool te begin waar Jesus Christus as die Koning erken word en waar individue raakgesien word. Ons kinders, Wenike en Deon-Thys het self die geleentheid gehad om  hul laerskooljare hier deur te bring. Elke klippie, deur en ou venster is die handewerk van Petrie, my man.

Van ‘n huisskool met 6 leerders het ons in 1999 eers die spaarkamer as klas gebruik en sedertdien gegroei na ‘n skool met die kapasiteit van 280 leerders van graad 1 tot 7 en potensiële 120 voorskoolse kaalvoet-kindertjies. Om n skool suksesvol te bestuur, is gedeelde verantwoordelikheid nodig. Daarom speel die ouers en gemeenskappe van Langebaan, Velddrif en Saldanha ‘n beduidende rol om Topolino as baken van die Weskus te erken.

Elke personeellid deel die passie  om elke juweel aan ons toevertrou, te slyp tot sy/haar Godgegewe potensiaal. Ons neem verantwoordelikheid vir ons besluite om elke kind in totaliteit te onderrig. Ons leer ons kinders: “Winners take responsibility, but losers blame each other”.

Die grootste bevrediging van ons personeel is om brawe gr.7 leerders na  hoërskole te stuur wat weet wie hulle is, wat God in alles te erken en leerders wat ‘n verskil maak. Leerders wat kies om te kan! Ons plant net die saad en gooi dit nat-God sal dit laat groei.

Mag daar nog baie kinders ons “love-zone” betree om te leer wat dit beteken om jou eie doelwitte te stel en dit te bereik. Om jouself nie aan ander te meet nie en om hardop te lag sonder  om te kyk!

Berdene

[layerslider id="1"]
[layerslider id="2"]

TOPOLINO

TOPOLINO PRE-PRIMARY (GR 00 - GR R)
10 Bree Street, Langebaan (behind Sunny Park)
(GR 00 - GR R) Tel: +27 22 772 2882


TOPOLINO PRIVATE SCHOOL (GR 1 - GR 7)
45 SUNBIRD AVENUE, LANGEBAAN
(GR 1 - GR 7) Tel: +27 22 772 1132

PARTNERS

FOLLOW US