Enrolment Now Open at Topolino Private School!

At Topolino, we nurture bright minds and kind hearts – from tiny tots in Pre-Primary (18 months to Grade R) to confident young learners in Primary School (Grade 1 to 7).

No WCED queues. No fuss.
Apply directly with us – it’s as easy as 1, 2, 3!

💫 Curious about our classrooms, playgrounds, and passionate team?
Every day is Open Day at Topolino.
Just walk through our cheerful red gates and see the magic for yourself – no appointment needed.

✨ A school where curiosity is encouraged
✨ Individuality is celebrated
✨ And every child is known, valued, and loved.

We’re waiting to welcome you.
Call us today – your Topolino journey starts here!

 #TopolinoPrivateSchool #EnrolNow #EveryDayIsOpenDay #DirectApplication

Inskrywings is nou oop by Topolino Privaat Skool!

By Topolino koester ons nuuskierige breine en gawe harte – vanaf 18 maande in ons Pre-Primêr (tot en met Graad R) tot selfversekerde leerlinge in ons Primêre Skool (Graad 1 tot 7).

Geen WKOD-lyste. Geen rompslomp.
Skryf direk by ons in – dis so maklik soos 1, 2, 3!

💫 Nuuskierig oor hoe dinge by Topolino werk?
Elke dag is Ope Dag!
Loop gerus deur ons vrolike rooi hekke en kom ervaar self wat Topolino so besonders maak – geen afspraak nodig nie.

✨ ’n Skool waar nuuskierigheid aangemoedig word.
✨ Waar elke kind uniek is en gesien word.
✨ En waar liefde, groei en gemeenskap saamsmelt.

Ons sien uit om jou te ontmoet.
Skakel ons vandag – jou Topolino-reis begin hier!

#TopolinoPrivaatSkool #SkryfNouIn #ElkeDagIsOpeDag #DirekteInskrywings #TopolinoWaardes

WELCOME TO TOPOLINO PRIVATE SCHOOL

Topolino is a parallel medium Christian private school from pre-primary to grade 7. The school is situated in the peaceful Myburgh Park area, with views over Langebaan Lagoon, en route to the West Coast National Park.

As gesin het ons in 1999 die visie gehad om ‘n Christenskool te begin waar Jesus Christus as die Koning erken word en waar individue raakgesien word. Ons kinders, Wenike en Deon-Thys het self die geleentheid gehad om  hul laerskooljare hier deur te bring. Elke klippie, deur en ou venster is die handewerk van Petrie, my man.

Van ‘n huisskool met 6 leerders het ons in 1999 eers die spaarkamer as klas gebruik en sedertdien gegroei na ‘n skool met die kapasiteit van 280 leerders van graad 1 tot 7 en potensiële 120 voorskoolse kaalvoet-kindertjies. Om n skool suksesvol te bestuur, is gedeelde verantwoordelikheid nodig. Daarom speel die ouers en gemeenskappe van Langebaan, Velddrif en Saldanha ‘n beduidende rol om Topolino as baken van die Weskus te erken.

Elke personeellid deel die passie  om elke juweel aan ons toevertrou, te slyp tot sy/haar Godgegewe potensiaal. Ons neem verantwoordelikheid vir ons besluite om elke kind in totaliteit te onderrig. Ons leer ons kinders: “Winners take responsibility, but losers blame each other”

Die grootste bevrediging van ons personeel is om brawe gr.7 leerders na  hoërskole te stuur wat weet wie hulle is, wat God in alles te erken en leerders wat ‘n verskil maak. Leerders wat kies om te kan! Ons plant net die saad en gooi dit nat-God sal dit laat groei.

Mag daar nog baie kinders ons “love-zone” betree om te leer wat dit beteken om jou eie doelwitte te stel en dit te bereik. Om jouself nie aan ander te meet nie en om hardop te lag, sonder om om te kyk!

Berdene

Berdene van Topolino Privaat Skool in Langebaan

TOPOLINO

TOPOLINO PRE-PRIMARY
10 Breë Street, Langebaan
(behind Sunny Park)
Tel: +27 22 772 2882


TOPOLINO PRIVATE SCHOOL
45 Sunbird Drive, Langebaan
Tel: +27 22 772 1132

FOLLOW US

PARTNERS